DIE FARMHOUSE BY GRANITE RIDGE

VERBLYF IN DIE MATOBO HEUWELS Granite Ridge Lodge word nou weer die Farmhouse genoem

PRYSE & BESPREKINGS

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

ANDER HOTELLE

TUISBLAD

STUUR EPOS

ENGLISH

Tel: +27 (0) 21 855 0395 

GPS 20 30 39.08S, 28 26 17.02E

Cecil John Rhodes was een van die groot imperialiste, ontdekkers en stigters van die kolonie wat later die Republiek van Zimbabwe geword het. Toe hy op die ouderdom van 49 te sterwe gekom het, het hy ‘n fortuin nagelaat. Die interessantste aspek van sy testament was egter sy versoek om tussen die granietrotse van die Matobo-heuwels naby Bulawayo begrawe te word. Dit het later die Matobo Nasionale Park van Zimbabwe geword.

Rhodes Matobo is die tuiste van The Farmhouse. ‘n Ou plaashuis is omskep en word nou as die hoofgebou van The Farmhouse gebruik. Dit is aanvanklik die Farmhouse genoem, maar is later vernoem na die massiewe granietrif reg agter die lodge. Vandag word dit egter weer The Farmhouse genoem.

Die graniet is gedurende miljoene jare verweer om reuse rotse te vorm, en bied een van Afrika se asemrowendste uitsigpunte. Dit lyk kompleet asof ‘n reus boublokkies opmekaar gestapel het.

Die Matobo Nasionale Park bied meer as net rotse. Sabelbokke en renosters is twee van die algemeenste soogdiere van hierdie park en die plantegroei is buitengewoon pragtig.

By Granite Ridge / The Farmhouse word jy in een van 19 chalets gehuisves. Elke chalet kan 4 gaste in die hoofslaapkamer en kombuis/sitkamerarea akkommodeer. Die restaurant en kroeg by The Farmhouse bied uitstekende maaltye aan. Hul “English high tea” is ‘n groot gunsteling onder die meeste besoekers.

Die uitsig vanaf die lodge is asemrowend. Die tuine en swembad dra by tot ‘n baie ontspanne atmosfeer. The Farmhouse is ongetwyfel die beste keuse vir gesinne, slegs 40 km op ‘n teerpad vanaf Bulawayo, in the Matobo-heuwels in Zimbabwe.

  

  

Baie besoekers aan die Farmhouse en die Motobo Heuwels sal ook graag Namibië en sy bekende kusdorp Swakopmund wil besoek.Akkommodasie in Swakopmund wissel van vyfster hotelle tot selfsorg akkommodasie en kampering. 

Etosha Lodge is net suid van die Etosha Nasionale Park.  Etosha Lodge bied beide selfsorg akkommodasie en luukse inklusiewe akkommodasie.

Sikumi Tree Lodge is n uitsonderlike lodge by die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe. Sikumi Tree Lodge bied uitstekende akkommodasie en safaris

Matobo Hills Lodge is naby Granite Ridge of die Farmhouse in die matobo Heuwels

Fothergill Eiland is 'n luukse oord op 'n eiland in die Karibadam.  Die eiland val binne die grense van die Matusadona Nasionale Park in Zimbabwe.

The Jameson Hotel in Harare was vir baie jare die bekendste hotel in die CBD van die hoostad vanZimbabwe.  Die Jameson Hotel is 'n luukse bekostigbare bestemming..

Great Zimbabwe Hotel is die naaste akkommodasie aan die Great Zimbabwe Monument.  Die hotel is binne loop afstand van die Zimbabwe Ruins.

Die Kingdom Hotel is die nuutse en mees modernste hotel by Victoria Valle en binne loopafstand van die bekende waterval.